Dankie Sê Brief

Nuus 1 Kommentaar »

Baie dankie aan elkeen wat met ons gesels het by die Volksbladkunstefees. Ons het soveel mooi mense ontmoet en so lekker saam met julle gekuier dat ons met ‘n klomp spesiale vriende en vriendinne hier weggaan. Dankie aan elkeen wat ‘n skildery gekoop of bestel het of net ‘n skildery saam met ons geniet het.

Weet dat elke skildery met baie liefde gemaak word en dat ‘n stukkie van ons siel met elke skildery en sy verhaal saamgaan. Ons glo dat die skildery aan jou net soveel vreugde sal verskaf soos aan ons toe ons dit gemaak het.

Mag elkeen van julle SY vrede en seën elke dag in sy of haar lewe ervaar. Maleági 3:10 het vir ons waar geword en mag dit ook deel wees van jou lewe waar dit sê dat God die vensters van die hemel sal oopmaak en vir jou oorvloedige seën sal uitstort. Shalom alechem! Vrede vir jou!

Shalom & Welkom

Informasie, Uncategorized 2 Kommentaar »

nanelleHallo, my naam is Nanelle Van Tonder. Ek is gebore op Bethlehem in die Oos-Vrystaat.

Ek is die oudste van vier kinders en het ‘n tipiese, idiliese, Afrikaanse plaaskind-lewe gehad. Ek was bevoorreg om in ‘n liefdevolle huis groot te word, met hope stimulasie elke dag. Een van hierdie stimulii was kuns. Ek het drie baie kunstige tantes gehad en my pa was ook ‘n sterk kreatiewe denker. Om dus iets te skep, wat nog nie voorheen bestaan het nie, was aan die orde van die dag. Daarby was dit belangrik om eerder te “herwin” as om te koop.

My lewe het egter eers sy draaie geloop voordat ek die geleentheid kon hê om hart en siel in my skilderwerk te werp. Ek is dus nou in ‘n baie gelukkige tyd in my lewe, want ‘n kleintyd droom het waar geword. Ek doen wat ek nog altyd graag wou doen!

Lees die res van hierdie item »

Design by:FoxTheme & Photoshop Brushes
Site RSS Comments RSS